God werk deur sy Woord en Gees.

Preekskets

Soms lees mens ’n Skrifgedeelte en wonder hoe dit van toepassing is, of hoe dit “inpas” binne konteks van waarmee mens besig is.

Hier lees ons in Handelinge 1 van Judas wat verlore moes gaan, en Mattias wat in sy plek aangewys word as “twaalfde” apostel. Mens lees egter nêrens weer enigiets in die Bybel oor Mattias nie. Wat sal die Here se doel met so Skrifgedeelte dan wees?

Ons vind hier ’n pragtige voorbeeld van die Here se absolute beheer. Beide in die dinge wat van te vore gebeur het, sowel as in die dinge wat voorlê.

Die belofte van die Heilige Gees waarvoor die apostels in Jerusalem “wag”, beteken nie dat daar ’n era ingehuldig gaan word waar die “Skrif” nie meer ’n doel sal hê nie. Hierdie Skrifgedeelte wys juis hoe die Heilige Gees die Skif binne konteks bring, en hoe die Gees dit nog altyd gebruik het.

Video Opname

Februarie 4, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.