God werk deur sy Woord en Gees.

Preekskets

Soms lees mens ’n Skrifgedeelte en wonder hoe dit van toepassing is, of hoe dit “inpas” binne konteks van waarmee mens besig is.

Hier lees ons in Handelinge 1 van Judas wat verlore moes gaan, en Mattias wat in sy plek aangewys word as “twaalfde” apostel. Mens lees egter nêrens weer enigiets in die Bybel oor Mattias nie. Wat sal die Here se doel met so Skrifgedeelte dan wees?

Ons vind hier ’n pragtige voorbeeld van die Here se absolute beheer. Beide in die dinge wat van te vore gebeur het, sowel as in die dinge wat voorlê.

Die belofte van die Heilige Gees waarvoor die apostels in Jerusalem “wag”, beteken nie dat daar ’n era ingehuldig gaan word waar die “Skrif” nie meer ’n doel sal hê nie. Hierdie Skrifgedeelte wys juis hoe die Heilige Gees die Skif binne konteks bring, en hoe die Gees dit nog altyd gebruik het.

Video Opname

Februarie 4, 2024

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….