God praat met ons deur sy Seun. Luister wanneer jy Sy stem hoor!

Preekskets:

Wanneer ons bid, doen ons dit met die verwagting dat God ons gebede sal verhoor, en dat Hy ons sal “antwoord”. Ons vra in ons gebede vir leiding, rigting, krag, insig en wysheid… ons bid in besonder dat Sy wil sal geskied. Jakobus sê tog dat enigiemand wat wysheid kortkom tot God moet bid en daarvoor vra, want God gee aan elkeen wat vra sonder verwyt.

Maar hoe “hoor” ek God se antwoord? Hoe “praat” Hy met my sodat ek kan verstaan? Hy “praat” sekerlik tog nie net met die dominee of met daai persoon wat sê “die Here het vir my gesê…” nie…? Hoe het Abraham geweet dit is God wat hom roep? Hoe het Noag geweet hy moet ’n ark bou?

God het inderdaad in die verlede op besondere maniere met sy mense gekommunikeer. Visioene… drome… Apostels… Profete… Moses…

Maar nou in hierdie eindtyd… (dit is die tyd waarin ons nou nog leef)… het Hy met ons gepraat deur sy Seun.

Video Opname:

Junie 16, 2024

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….