’n Ware geloof is beide kennisvan, en vertrouein GOD Drie-enig.

Preekskets:

Verlede week het ons gesien hoe belangrik ’n vasstaande kennis van God is. ’n Mens moet immers weet wie Hy IS om in Hom te kan glo. Die evangelie moet “gehoor” word. Maar kennis op sigself is nie genoeg nie.

Daarom gee die Here ook vir ons wat nodig is om hierdie “kennis” om te skakel in geloof. Hy gee ons ’n vaste vertroue in Hom.

Hoe doen Hy dit? Deur te hou by sy beloftes! God wys vir ons wie Hy IS en hou konsekwent by al sy beloftes.

Soos ons laasweek geleer het, het God sy beloftes aanvanklik self in die paradys bekend gemaak, later deur die aartsvaders en profete laat verkondig, ook deur die offers en seremonies van die wet laat uitbeeld, en uiteindelik in sy Seun in vervulling gebring. Konsekwent! Die belofte van sy Heilige Gees wat in vervulling gekom het, is van kritiese belang vir ons geloof.

Video Opname:

September 17, 2023

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.