’n Ware geloof is beide kennisvan, en vertrouein GOD Drie-enig.

Preekskets:

Verlede week het ons gesien hoe belangrik ’n vasstaande kennis van God is. ’n Mens moet immers weet wie Hy IS om in Hom te kan glo. Die evangelie moet “gehoor” word. Maar kennis op sigself is nie genoeg nie.

Daarom gee die Here ook vir ons wat nodig is om hierdie “kennis” om te skakel in geloof. Hy gee ons ’n vaste vertroue in Hom.

Hoe doen Hy dit? Deur te hou by sy beloftes! God wys vir ons wie Hy IS en hou konsekwent by al sy beloftes.

Soos ons laasweek geleer het, het God sy beloftes aanvanklik self in die paradys bekend gemaak, later deur die aartsvaders en profete laat verkondig, ook deur die offers en seremonies van die wet laat uitbeeld, en uiteindelik in sy Seun in vervulling gebring. Konsekwent! Die belofte van sy Heilige Gees wat in vervulling gekom het, is van kritiese belang vir ons geloof.

Video Opname:

September 17, 2023

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….