AAN DIE VOETE VAN DIE HERE – DIT IS NOODSAAKLIK

Preekskets:

‘n Persoonlike en intieme verhouding met die Drie-enige God, is die beginpunt en fondament vir die toekoms van ons kerke. Dit mag nie ontbreek nie. Dit moet al ons gedagtes en dade beheers.

Ons word deur die Here Jesus Christus onderrig. Hy gebruik twee mense, vroue, in ons toerusting:

  • Martha – sy staan in ‘n baie besondere verhouding met die Here. Sy is gasvrou
    en baie bekwaam omdat sy kos kan voorberei en onthaal. Haar hande staan vir
    niks verkeerd nie en dit is vir haar so belangrik om die Here en sy dissipels, haar
    gaste, met net die beste te trakteer. Haar “regstaan” word nie afgewys nie. Sy
    wil haar alles aan die Here gee.
  • Maria – sy staan ook in ‘n besondere verhouding met die Here. Te midde van al
    die gejaagdheid het sy haar tuisgemaak aan die voete van die Here om na Hom
    te luister. Die Here sê vir Martha – dit wat Maria gekies het, is noodsaaklik. Dit is
    die een ding wat vir enige mens onontbeerlik in die lewe is. Jy kan nie daarsonder
    nie.

Die noodsaaklike bring ons by die persoon van Jesus Christus ons Here uit. Aan sy voete, in sy teenwoordigheid word jy ‘n ontvanger van lewe – ewige lewe. Aan sy voete kom die strome van lewende water deur sy Gees na jou toe.

Video Opname:

September 24, 2023

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.