Moenie bang wees nie, die Here is met jou.

Preekskets:

Paulus gaan getrou voort met sy sending en bedieningswerk in Korinthe, maar die uitdagings hou nie op nie.

Weereens die herhalende siklus. Paulus gaan redeneer met die mense by die Sinagoge… sommige word gelowig… en ander word opstandig. En dan sien ons in Handelinge 18 vers 6 hoe Lukas 10 weer voor ons oë afspeel. Hy skud die stof van sy klere en sê: “Julle bloed is op julle eie kop – sonder skuld daaraan sal ek van nou af na die heidene gaan.” (Soos Luk.10:11)

Dis sy eie mense… die Jode. Hy moes teen hierdie tyd seker al ’n vorm van moedeloosheid ervaar het. Hy volhard, maar die weerstand teen die evangelie verminder ook nie.

En dan die Here se troos…. “Moenie bang wees nie, maar hou aan praat en moenie stilbly nie! 10Ek is immers met jou en niemand sal ‘n vinger op jou lê om jou kwaad aan te doen nie, want in hierdie stad is daar baie mense wat aan My behoort.

Dit herinner so aan Jesus se sendingopdrag in Matteus 28. “Aan My is gegee alle mag… Gaan uit… maak dissipels… doop hulle… leer hulle… onthou, Ek is met julle…

Wat is vandag jou “Korinthe”… jou uitdaging… die ding wat dreig om jou moed te breek…?

Onthou, jy is waar die Here jou geplaas het: “Moenie bang wees nie, die Here is met jou.

Video Opname:

April 27, 2025

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.