Moenie bang wees nie, die Here is met jou.

Preekskets:

Paulus gaan getrou voort met sy sending en bedieningswerk in Korinthe, maar die uitdagings hou nie op nie.

Weereens die herhalende siklus. Paulus gaan redeneer met die mense by die Sinagoge… sommige word gelowig… en ander word opstandig. En dan sien ons in Handelinge 18 vers 6 hoe Lukas 10 weer voor ons oë afspeel. Hy skud die stof van sy klere en sê: “Julle bloed is op julle eie kop – sonder skuld daaraan sal ek van nou af na die heidene gaan.” (Soos Luk.10:11)

Dis sy eie mense… die Jode. Hy moes teen hierdie tyd seker al ’n vorm van moedeloosheid ervaar het. Hy volhard, maar die weerstand teen die evangelie verminder ook nie.

En dan die Here se troos…. “Moenie bang wees nie, maar hou aan praat en moenie stilbly nie! 10Ek is immers met jou en niemand sal ‘n vinger op jou lê om jou kwaad aan te doen nie, want in hierdie stad is daar baie mense wat aan My behoort.

Dit herinner so aan Jesus se sendingopdrag in Matteus 28. “Aan My is gegee alle mag… Gaan uit… maak dissipels… doop hulle… leer hulle… onthou, Ek is met julle…

Wat is vandag jou “Korinthe”… jou uitdaging… die ding wat dreig om jou moed te breek…?

Onthou, jy is waar die Here jou geplaas het: “Moenie bang wees nie, die Here is met jou.

Video Opname:

April 27, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.