Met watter doop is jy gedoop?

Preekskets:

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….

Dit bring weer vir Akwila en Priscilla op die toneel. Hulle neem vir Apollos na hulle huis toe en lê die Weg van die Here vir hom nog duideliker uit. Hy vertrek na Korinthe, maar die gevolge van “gebrekkige leer” bly agter in Efese.

En dit is waar Paulus op sy derde sendingreis weer by Efese uitkom. Hy korrigeer dit wat ontbreek aangaande die leer oor die doop. En dit begin by twee oënskynlik eenvoudige vrae:

Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?

Met watter doop is julle dan gedoop?

Elke gelowige behoort vandag nog hierdie twee vrae te kan beantwoord. “Met watter doop is ek gedoop? Het ek ook die Heilige Gees ontvang?

Dalk moet die vrae bietjie dieper val….: “Weet ek wat die doop beteken? Verstaan ek hoe die Heilige Gees werk?”

As jy onseker is hieroor, roep die Here jou dalk juis vandag op om opnuut na sy Woord toe te draai om seker te maak.

Video Opname:

Mei 11, 2025

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.