Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Preekskets:

Handelinge 17 volg Paulus se tweede sendingreis verder.

Soos in soveel gevalle herhaal die patroon oor en oor. Sommige mense kom tot geloof en ander kom in opstand. Presies soos Jesus vir sy dissipels gesê het dit sal wees.

Niks bring Paulus egter van stryk nie. Hy bly geleenthede kry om die evangelie te verkondig. Selfs in ’n stad wat oorloop van elke tipe valse god waaraan die mens kon dink, ja, selfs daar in Athene, sien Paulus die geleentheid om te getuig.

Juis in hierdie Paastyd, waar ons lewe in ’n wêreld van hase wat sjokolade eiers wegsteek en kinders wat opgewonde raak daaroor, omdat hulle ouers dit toelaat, moet ons as gelowiges die geleentheid raaksien om die mense reg te help.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

Want God het ‘n dag bepaal waarop Hy die wêreld in regverdigheid gaan oordeel deur ‘n Man wat Hy daarvoor aangewys het. En Hy het dit aan almal bevestig deur Hom uit die dood te laat opstaan. Dit is wat ons op Paassondag vier!

Ja, nie deur ’n haas nie, maar deur die Lam van God leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Video Opname:

April 20, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.