Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Preekskets:

Handelinge 17 volg Paulus se tweede sendingreis verder.

Soos in soveel gevalle herhaal die patroon oor en oor. Sommige mense kom tot geloof en ander kom in opstand. Presies soos Jesus vir sy dissipels gesê het dit sal wees.

Niks bring Paulus egter van stryk nie. Hy bly geleenthede kry om die evangelie te verkondig. Selfs in ’n stad wat oorloop van elke tipe valse god waaraan die mens kon dink, ja, selfs daar in Athene, sien Paulus die geleentheid om te getuig.

Juis in hierdie Paastyd, waar ons lewe in ’n wêreld van hase wat sjokolade eiers wegsteek en kinders wat opgewonde raak daaroor, omdat hulle ouers dit toelaat, moet ons as gelowiges die geleentheid raaksien om die mense reg te help.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

Want God het ‘n dag bepaal waarop Hy die wêreld in regverdigheid gaan oordeel deur ‘n Man wat Hy daarvoor aangewys het. En Hy het dit aan almal bevestig deur Hom uit die dood te laat opstaan. Dit is wat ons op Paassondag vier!

Ja, nie deur ’n haas nie, maar deur die Lam van God leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Video Opname:

April 20, 2025

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.