Preekskets:
In Handelinge 16 het ons eers te make gehad met Timoteus se besnydenis, so kort na die vergadering in Jerusalem se besluit dat besnydenis nie meer nodig is nie, en vandag lees ons dat die Heilige Gees verhinder dat Paulus en Silas die evangelie in Asië verkondig.
Sonder werklike dieper nadenke, sekerlik sake wat ons meer sal verwar as wat dit opbou in die geloof. Maar die Here se genade is groot. Hy laat ons nie met hierdie boodskap sonder om ons ook deur dieselfde boodskap te lei tot die verklaring daarvan nie.
Daar is ’n rede hoekom Paulus en sy reisgenote se “roete” in soveel detail verduidelik word. Dit wys ons weereens op die Here se absolute beheer in hoe Hy sy evangelie laat versprei. Dis nie dat die evangelie nie vir Asië bedoel was nie. Die Here het net ’n besondere manier gehad hoe Hy wou hê die evangelie daar moes posvat.
Deur die hart van ’n enkele gelowige eers daarvoor oop te maak. Kyk wat was die gevolg…. Lidia se hele huishouding word gedoop, en so deel gemaak van die huishouding van God.
Die Here kon Asië op enige manier bereik het, maar Hy het gekies om dit op hierdie besondere manier te doen sodat ons kan besef watter impak Hy deur ’n enkele gelowige vrou kan hê.
Niemand is uitgelaat nie, want God kan enigiemand gebruik in sy koninkryk.