Bedreiging of geleentheid? God se Woord bly sentraal.

Preekskets:

Soms bereik ons in die kerk van die Here tye van uitdaging of bedreiging. Dit is nie vir ons vreemd nie, want ons weet die Here Jesus het sy dissipels hierop voorberei.

Maar hoe hanteer mens hierdie situasies in praktyk, veral as dit gaan oor bediening?

In Handelinge 6 sien ons die verkiesing van die eerste sewe diakens. Maar wat het aanleiding gegee hiertoe? Dit was ’n bedreiging… ’n Situasie wat gedreig het om die kerk van die Here te belemmer. So, wat doen hulle toe?

Die apostels spreek die uitdaging aan op die beste praktiese manier. Die Woord van God bly sentraal, en mag nie afgeskeep word nie. Vir alles gebruik ons die gawes soos die Here dit in die gemeente gee.

Video Opname:

Augustus 18, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.