Bedreiging of geleentheid? God se Woord bly sentraal.

Preekskets:

Soms bereik ons in die kerk van die Here tye van uitdaging of bedreiging. Dit is nie vir ons vreemd nie, want ons weet die Here Jesus het sy dissipels hierop voorberei.

Maar hoe hanteer mens hierdie situasies in praktyk, veral as dit gaan oor bediening?

In Handelinge 6 sien ons die verkiesing van die eerste sewe diakens. Maar wat het aanleiding gegee hiertoe? Dit was ’n bedreiging… ’n Situasie wat gedreig het om die kerk van die Here te belemmer. So, wat doen hulle toe?

Die apostels spreek die uitdaging aan op die beste praktiese manier. Die Woord van God bly sentraal, en mag nie afgeskeep word nie. Vir alles gebruik ons die gawes soos die Here dit in die gemeente gee.

Video Opname:

Augustus 18, 2024

n

Ander Preke:

Die Here is jou beskermer, van nou af en vir altyd.

Die Here is jou beskermer, van nou af en vir altyd.

Hierdie Psalm se eerste twee verse is vir ons baie bekend. Dit is ’n belydenis… die “Votum” wat ons so te sê elke Sondag aan die begin van die erediens hoor. Dit begin met ’n vraag wat so half in benoudheid gevra word, maar dan in vertroue self geantwoord word. Ja, my hulp is van die Here!