God se ewige plan: In Christus, vrye toegang tot Hom.

Preekskets:

In die vyfde preek uit ons Efesiërs reeks sien ons hoe Paulus ’n samevatting gee van hoe alles wat God van ewigheid af beplan het, in Christus byeenkom tot uitvoering, en dan bid hy “die gebed van die KERK” tot God, dat ons (die KERK) al hierdie dinge mag begryp.

In die verlede was God se plan ’n geheimenis gewees wat nog nooit tevore geopenbaar was soos God dit nou doen deur sy apostels en profete nie. Dit is daarom vir ons, in sy KERK, nie meer ’n geheimenis nie, maar die evangelie van Christus, en die KERK se roeping is om dit te verkondig aan die wêreld.

Ons sien weereens ’n harmonieuse meewerking van al drie die Persone van God in die wyse waarop Hy sy ewigheidsplan tot uitvoering bring.

Video Opname:

Mei 7, 2023

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.