God se ewige plan: In Christus, vrye toegang tot Hom.

Preekskets:

In die vyfde preek uit ons Efesiërs reeks sien ons hoe Paulus ’n samevatting gee van hoe alles wat God van ewigheid af beplan het, in Christus byeenkom tot uitvoering, en dan bid hy “die gebed van die KERK” tot God, dat ons (die KERK) al hierdie dinge mag begryp.

In die verlede was God se plan ’n geheimenis gewees wat nog nooit tevore geopenbaar was soos God dit nou doen deur sy apostels en profete nie. Dit is daarom vir ons, in sy KERK, nie meer ’n geheimenis nie, maar die evangelie van Christus, en die KERK se roeping is om dit te verkondig aan die wêreld.

Ons sien weereens ’n harmonieuse meewerking van al drie die Persone van God in die wyse waarop Hy sy ewigheidsplan tot uitvoering bring.

Video Opname:

Mei 7, 2023

n

Ander Preke: