God se wil is volmaak, en sy wil sal geskied.

Preekskets:

Hoe verstaan ons as gelowiges God se wil?

Ons lees in Matteus 26 hoe Jesus in sy uur van benoudheid tot God, sy Vader, bid en tog steeds vra om sy wil te laat geskied. Dit is tog hoe Hy ons leer bid in die derde bede van die “Onse Vader” gebed. “Laat U wil geskied”.

Maar beteken dit dat ons altyd sy wil sal verstaan? Beteken dit dat ons altyd die moed sal hê om te doen wat Hy wil hê ons moet doen? Selfs die dissipels het Jesus in die steek gelaat en weg gehardloop.

Al hierdie gebeure leer ons dat ons, ten spyte van ons swakheid, ons vrese en ons onkunde, steeds kan glo dat God se wil volmaak is. Hy is in beheer, en sy wil sal geskied.

Video Opname:

April 10, 2022

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?