God se wil is volmaak, en sy wil sal geskied.

Preekskets:

Hoe verstaan ons as gelowiges God se wil?

Ons lees in Matteus 26 hoe Jesus in sy uur van benoudheid tot God, sy Vader, bid en tog steeds vra om sy wil te laat geskied. Dit is tog hoe Hy ons leer bid in die derde bede van die “Onse Vader” gebed. “Laat U wil geskied”.

Maar beteken dit dat ons altyd sy wil sal verstaan? Beteken dit dat ons altyd die moed sal hê om te doen wat Hy wil hê ons moet doen? Selfs die dissipels het Jesus in die steek gelaat en weg gehardloop.

Al hierdie gebeure leer ons dat ons, ten spyte van ons swakheid, ons vrese en ons onkunde, steeds kan glo dat God se wil volmaak is. Hy is in beheer, en sy wil sal geskied.

Video Opname:

April 10, 2022

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.