Christus is jou lewe. Lewe daarom met jou oë op Hom gerig, altyd dankbaar vir die lewe wat jy in Hom het.

Preekskets:

In hierdie tweede preek in ons reeks oor Kolossense sien ons hoe Paulus verder fokus op die Here Jesus Christus se Godheid, asook sy oorwinning oor die sonde en die dood deur sy sterwe en opstanding, en die nuwe lewe wat vir ons by God behoue is, weens sy Hemelvaart.

Die feit dat Jesus die sonde en die dood as mens oorwin het, en lewe, is ons waarborg van ons eie oorwinning en lewe. Daarom stuur Hy vir ons sy Gees, want ons het saam met Christus die sonde afgesterf, en is in Hom weer gebore tot ʼn nuwe lewe. Dit is, wedergeboorte deur die Gees. Daarom behoort ons fokus tydens ons aardse lewe nie op die wêreldse dinge te wees nie, maar juis op die hemelse en die Geestelike.

Die doop simboliseer weereens vandag vir ons hoe ons skoongewas van ons sondes voor God kan staan, op grond van Christus se verdienste.

Video Opname:

April 3, 2022

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?