Christus is jou lewe. Lewe daarom met jou oë op Hom gerig, altyd dankbaar vir die lewe wat jy in Hom het.

Preekskets:

In hierdie tweede preek in ons reeks oor Kolossense sien ons hoe Paulus verder fokus op die Here Jesus Christus se Godheid, asook sy oorwinning oor die sonde en die dood deur sy sterwe en opstanding, en die nuwe lewe wat vir ons by God behoue is, weens sy Hemelvaart.

Die feit dat Jesus die sonde en die dood as mens oorwin het, en lewe, is ons waarborg van ons eie oorwinning en lewe. Daarom stuur Hy vir ons sy Gees, want ons het saam met Christus die sonde afgesterf, en is in Hom weer gebore tot ʼn nuwe lewe. Dit is, wedergeboorte deur die Gees. Daarom behoort ons fokus tydens ons aardse lewe nie op die wêreldse dinge te wees nie, maar juis op die hemelse en die Geestelike.

Die doop simboliseer weereens vandag vir ons hoe ons skoongewas van ons sondes voor God kan staan, op grond van Christus se verdienste.

Video Opname:

April 3, 2022

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.