God het in die begin alles baie goed geskep, en in Christus sal Hy alles weer tot hierdie glorie herstel.

Preekskets:

Waar kom sonde vandaan? Is dit God wat sonde gemaak het?

Ons het verlede Sondag goed besef dat ons ellendig is as gevolg van sonde, en presies hoe ellendig ons sal wees sonder Christus. Maar nou is die vraag… Hoekom is ons ellendig?”

Wie se skuld is dit dat daar so iets soos sonde is? As God die wêreld goed geskep het, en die mens na Sy Beeld geskep is, waar kom sonde dan vandaan? Beteken dit dan nou dat ek sondig geskep is en eintlik tot niks goed in staat is nie?

Die kategismus se vertrekpunt is Christus, en die troos waarin ons moet leef in ’n besef van ons verbintenis aan Hom. Maar hoe troos dit my as dit vir my voel of ek geen beheer daaroor het of geen sê het in die gang van my lewe nie? Bestaan daar ooit iets soos vrye wil?

Genesis 1 tot 3 lê ’n basis vir baie van hierdie vrae van ons. As mens nie ’n begrip van hierdie eerste drie hoofstukke van die Bybel het nie, sal dit moeilik wees om baie van die ander leerstellings van die Bybel te verstaan. In wêreldse terme kan ons sê: “Hoe weet jy waarheen jy op pad is as jy nie weet waar jy vandaan kom nie?” of “Jy besef eers die waarde van iets as jy dit verloor het…”

Video Opname:

Augustus 6, 2023

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?