God het in die begin alles baie goed geskep, en in Christus sal Hy alles weer tot hierdie glorie herstel.

Preekskets:

Waar kom sonde vandaan? Is dit God wat sonde gemaak het?

Ons het verlede Sondag goed besef dat ons ellendig is as gevolg van sonde, en presies hoe ellendig ons sal wees sonder Christus. Maar nou is die vraag… Hoekom is ons ellendig?”

Wie se skuld is dit dat daar so iets soos sonde is? As God die wêreld goed geskep het, en die mens na Sy Beeld geskep is, waar kom sonde dan vandaan? Beteken dit dan nou dat ek sondig geskep is en eintlik tot niks goed in staat is nie?

Die kategismus se vertrekpunt is Christus, en die troos waarin ons moet leef in ’n besef van ons verbintenis aan Hom. Maar hoe troos dit my as dit vir my voel of ek geen beheer daaroor het of geen sê het in die gang van my lewe nie? Bestaan daar ooit iets soos vrye wil?

Genesis 1 tot 3 lê ’n basis vir baie van hierdie vrae van ons. As mens nie ’n begrip van hierdie eerste drie hoofstukke van die Bybel het nie, sal dit moeilik wees om baie van die ander leerstellings van die Bybel te verstaan. In wêreldse terme kan ons sê: “Hoe weet jy waarheen jy op pad is as jy nie weet waar jy vandaan kom nie?” of “Jy besef eers die waarde van iets as jy dit verloor het…”

Video Opname:

Augustus 6, 2023

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.