Eenheid in Christus – So groei ons deur die gawes wat Hy gee, in liefde en waarheid nader aan Hom.

Preekskets:

Hierdie gedeelte leer ons van “EENHEID”, “GAWES”, “OPBOU” en “GROEI” na Christus toe.

Ons is EEN NUWE MENSHEID, saamgebring in sy EEN KERK, waarin Hy ons toerus met ’n verskeidenheid van GAWES deur sy EEN GEES, sodat ons “toegerus” mekaar kan dien tot OPBOU van sy EEN LIGGAAM, en so in alle opsigte GROEI na Hom toe.

Sy uiteindelike doel met dié gawes is om groei tot volwassenheid in Hom te bring. Daarom is hierdie gawes se bedoeling nie alleenlik vir gebruik IN die “gemeente” nie, maar juis vir gebruik TOT die opbou van “Sy Liggaam”. Dit beteken die vrug van hierdie gawes moet uitvloei uit die gemeente uit.

Binne-in die gemeente moet ons mekaar deur hierdie gawes toerus, sodat elke lid sy roeping waarmee hy geroep is waardig kan wees.

Video Opname:

Mei 14, 2023

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?