Eenheid in Christus – So groei ons deur die gawes wat Hy gee, in liefde en waarheid nader aan Hom.

Preekskets:

Hierdie gedeelte leer ons van “EENHEID”, “GAWES”, “OPBOU” en “GROEI” na Christus toe.

Ons is EEN NUWE MENSHEID, saamgebring in sy EEN KERK, waarin Hy ons toerus met ’n verskeidenheid van GAWES deur sy EEN GEES, sodat ons “toegerus” mekaar kan dien tot OPBOU van sy EEN LIGGAAM, en so in alle opsigte GROEI na Hom toe.

Sy uiteindelike doel met dié gawes is om groei tot volwassenheid in Hom te bring. Daarom is hierdie gawes se bedoeling nie alleenlik vir gebruik IN die “gemeente” nie, maar juis vir gebruik TOT die opbou van “Sy Liggaam”. Dit beteken die vrug van hierdie gawes moet uitvloei uit die gemeente uit.

Binne-in die gemeente moet ons mekaar deur hierdie gawes toerus, sodat elke lid sy roeping waarmee hy geroep is waardig kan wees.

Video Opname:

Mei 14, 2023

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.