GOD ROEP EN STUUR – WAT IS JOU REAKSIE

Preekskets:

Jona is ‘n boek met net vier hoofstukke. Jona vertel van ‘n tyd in sy lewe wat die HERE hom geroep het om sy boodskap te gaan uitkoer in die vreemde (Jona beteken “duif”).

Hy skryf oor hoe hierdie roeping tot hom gekom het en hoe hy alles in sy vermoë gedoen het om daarvan weg te kom. Dit was immers ‘n taak wat hy nie wou verrig het nie.

Sekerlik het elkeen ’n unieke biografie van jou lewe in diens van God.

  • Van God wat roep en stuur, hoe Hy jou toegerus het met opvoeding in jou ouerhuis en katkisasie en …
  • En van jou reaksie. Wat het jy gedoen en waar jy vandag staan.

Vlug jy of meld jy aan?

Toe God sy Seun gestuur het, was die tye moeilik. Sy biografie oor sy roeping, kry ons in die evangelies. Dit is wonderlik en die boodskap van verlossing vir sondaarmense soos die geharde sondaars van Nineve.

Video Opname:

Julie 7, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.