GOD ROEP EN STUUR – WAT IS JOU REAKSIE

Preekskets:

Jona is ‘n boek met net vier hoofstukke. Jona vertel van ‘n tyd in sy lewe wat die HERE hom geroep het om sy boodskap te gaan uitkoer in die vreemde (Jona beteken “duif”).

Hy skryf oor hoe hierdie roeping tot hom gekom het en hoe hy alles in sy vermoë gedoen het om daarvan weg te kom. Dit was immers ‘n taak wat hy nie wou verrig het nie.

Sekerlik het elkeen ’n unieke biografie van jou lewe in diens van God.

  • Van God wat roep en stuur, hoe Hy jou toegerus het met opvoeding in jou ouerhuis en katkisasie en …
  • En van jou reaksie. Wat het jy gedoen en waar jy vandag staan.

Vlug jy of meld jy aan?

Toe God sy Seun gestuur het, was die tye moeilik. Sy biografie oor sy roeping, kry ons in die evangelies. Dit is wonderlik en die boodskap van verlossing vir sondaarmense soos die geharde sondaars van Nineve.

Video Opname:

Julie 7, 2024

n

Ander Preke:

Die wil van die Here sal geskied.

Die wil van die Here sal geskied.

Hierdie verse in Handelinge 21 wys nie net Paulus se vasberadenheid nie, maar in besonder al die gelowiges se praktiese uitleef van die inhoud van die “Onse Vader” gebed.

God verwerf, versorg, en bou sy Kerk op.

God verwerf, versorg, en bou sy Kerk op.

In Paulus se afskeidsboodskap aan die ouderlinge van Efese is daar baie emosie betrokke. Hy verseker hulle dat hulle hom nie weer sal sien nie, en druk dit op hulle harte dat hulle verantwoordelik moet voortgaan met hulle bedieningsopdrag.