DEUR DIE HERE AAN MEKAAR GEBIND EN GEHOU

Preekskets:

Die Prediker bring ons by twee pole van ons lewe, te wete:

  • Die sinlose, totale sinlose en tevergeefse lewe sonder God en
  • Die betekenisvolle, absolute doelmatige lewe met God.

Vanuit die voorbeelde word die sinlose uitgelig – onderdrukking sonder troos; inspanning en kundigheid wat lei tot n gejaag na wind; alleenheid wat lei tot ‘n onversadigbare drang om rykdom.

Dan die betekenisvolle – twee is beter as een ten opsigte van inspanning, val en opstaan, warmte en veiligheid.

Die mees betekenisvolle lê in die driedubbele koord wat nie maklik breek nie. Twee gaan oor in drie. Ons sien hierin die HERE as die Een wat saambind en by mekaar hou. Die duidelikste voorbeeld daarvan is ons Here Jesus Christus wat as Hoof van sy kerk almal saambind tot ‘n betekenisvolle liggaam en bruid van Christus.

Video Opname:

Junie 30, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.