DEUR DIE HERE AAN MEKAAR GEBIND EN GEHOU

Preekskets:

Die Prediker bring ons by twee pole van ons lewe, te wete:

  • Die sinlose, totale sinlose en tevergeefse lewe sonder God en
  • Die betekenisvolle, absolute doelmatige lewe met God.

Vanuit die voorbeelde word die sinlose uitgelig – onderdrukking sonder troos; inspanning en kundigheid wat lei tot n gejaag na wind; alleenheid wat lei tot ‘n onversadigbare drang om rykdom.

Dan die betekenisvolle – twee is beter as een ten opsigte van inspanning, val en opstaan, warmte en veiligheid.

Die mees betekenisvolle lê in die driedubbele koord wat nie maklik breek nie. Twee gaan oor in drie. Ons sien hierin die HERE as die Een wat saambind en by mekaar hou. Die duidelikste voorbeeld daarvan is ons Here Jesus Christus wat as Hoof van sy kerk almal saambind tot ‘n betekenisvolle liggaam en bruid van Christus.

Video Opname:

Junie 30, 2024

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….