God het ons eerste liefgehad en sy liefde faal nooit nie.

Preekskets:

Uit ’n gewisse kennis “weet” ek wie die Here is, en deur die krag van sy Gees vertrou ek vas op al sy beloftes. Die twee saam, kennis en vertroue, is die inhoud van my geloof.

Tog sê Paulus dat, al het ek soveel geloof dat ek berge kan versit, het ek steeds niks as ek nie die liefde daarby het nie. Die liefde is die praktiese uitleef van my vaste vertrou in die Here. Die vrug wat ek as gelowige behoort te dra.

En hierin het Christus vir ons voorgeloop as perfekte voorbeeld. God het ons eerste liefgehad, en daarom moet Sy liefde sigbaar wees in my lewe.

Video Opname:

Oktober 1, 2023

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?