Die stad behoort aan die Here. Deur sy Hand lewe Christene daar hulle Christenskap uit.

Preekskets:

In hierdie Skrifgedeelte leer ken ons ’n stad genaamd Antiogië.

Multikultureel, strategies ideaal geleë as skakel tussen die weste en die ooste, ekonomies en polities ’n baie belangrike stad, die derde grootste stad in die Romeinse ryk. Maar van al die dinge wat hierdie stad so prominent gemaak het, is dit sy plek in die geskiedenis van die kerk wat voorop staan.

Daar was ’n besonderse gemeente. ’n Gemeente wat nie bekend gestaan het as “Joods” of “Heidens” of ’n kombinasie van “Jode en Heidene” nie, maar as Christene. In Antiogië was die dissipels (die gelowiges) vir die eerste keer Christene genoem. In ware eensgesindheid vat hulle hande met ander Christen gemeentes, want dit is die een kerk van die Here Jesus Christus.

Barnabas was eers na hulle toe gestuur, maar Antiogië word later self ’n stuurende gemeente.

Video Opname:

November 10, 2024

n

Ander Preke:

Die Here is jou beskermer, van nou af en vir altyd.

Die Here is jou beskermer, van nou af en vir altyd.

Hierdie Psalm se eerste twee verse is vir ons baie bekend. Dit is ’n belydenis… die “Votum” wat ons so te sê elke Sondag aan die begin van die erediens hoor. Dit begin met ’n vraag wat so half in benoudheid gevra word, maar dan in vertroue self geantwoord word. Ja, my hulp is van die Here!