Die stad behoort aan die Here. Deur sy Hand lewe Christene daar hulle Christenskap uit.

Preekskets:

In hierdie Skrifgedeelte leer ken ons ’n stad genaamd Antiogië.

Multikultureel, strategies ideaal geleë as skakel tussen die weste en die ooste, ekonomies en polities ’n baie belangrike stad, die derde grootste stad in die Romeinse ryk. Maar van al die dinge wat hierdie stad so prominent gemaak het, is dit sy plek in die geskiedenis van die kerk wat voorop staan.

Daar was ’n besonderse gemeente. ’n Gemeente wat nie bekend gestaan het as “Joods” of “Heidens” of ’n kombinasie van “Jode en Heidene” nie, maar as Christene. In Antiogië was die dissipels (die gelowiges) vir die eerste keer Christene genoem. In ware eensgesindheid vat hulle hande met ander Christen gemeentes, want dit is die een kerk van die Here Jesus Christus.

Barnabas was eers na hulle toe gestuur, maar Antiogië word later self ’n stuurende gemeente.

Video Opname:

November 10, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.