God breek grense, deur die verkondiging van die evangelie.

Preekskets:

Die tweede naam wat ons geleer het, van die eerste sewe diakens, was Filippus. Ook hy het kragtig getuig en die evangelie van die koninkryk van God verkondig.

Ons sien in hierdie gedeelte ’n soortgelyke uitdaging as wat onsself ook in vandag se dae teëkom. Die verkondiging van die evangelie kom te staan teen wêreldse vermaak. In hierdie geval, teen ’n towenaar genaamd Simon.

Hierdie kort melding van Simon en sy optrede leer ons iets oor die gesindheid van die wêreld, teenoor die gesindheid wat ons behoort te hê. Die gedeelte in sy geheel leer ons egter ’n volgende les… Dat wêreldse grense geen uitdaging vir God is nie. Inteendeel, God breek wêreldse grense deur die verkondiging van sy evangelie.

Hierdie gedeelte merk een van die “stappe” van die uitbreiding van die evangelie van die koninkryk van God. Dit het begin in Jerusalem… versprei deur die hele Judea… en nou spring dit die “grens” na Samaria… (Hand.1:18)

Video Opname:

September 15, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.