God breek grense, deur die verkondiging van die evangelie.

Preekskets:

Die tweede naam wat ons geleer het, van die eerste sewe diakens, was Filippus. Ook hy het kragtig getuig en die evangelie van die koninkryk van God verkondig.

Ons sien in hierdie gedeelte ’n soortgelyke uitdaging as wat onsself ook in vandag se dae teëkom. Die verkondiging van die evangelie kom te staan teen wêreldse vermaak. In hierdie geval, teen ’n towenaar genaamd Simon.

Hierdie kort melding van Simon en sy optrede leer ons iets oor die gesindheid van die wêreld, teenoor die gesindheid wat ons behoort te hê. Die gedeelte in sy geheel leer ons egter ’n volgende les… Dat wêreldse grense geen uitdaging vir God is nie. Inteendeel, God breek wêreldse grense deur die verkondiging van sy evangelie.

Hierdie gedeelte merk een van die “stappe” van die uitbreiding van die evangelie van die koninkryk van God. Dit het begin in Jerusalem… versprei deur die hele Judea… en nou spring dit die “grens” na Samaria… (Hand.1:18)

Video Opname:

September 15, 2024

n

Ander Preke:

ONTHOU JESUS CHRISTUS. GESTERF…BEGRAWE…OPGEWEK…VIR JOU!

ONTHOU JESUS CHRISTUS. GESTERF…BEGRAWE…OPGEWEK…VIR JOU!

Paulus se instellingswoorde vir die Nagmaal, is nie sy eie woorde nie, maar woorde wat Jesus aan hom en die ander apostels gegee het, met een eenvoudige opdrag: “Doen dit om My in herinnering te bring.” (…tot My gedagtenis…)