Die evangelie van Jesus Christus verander lewens.

Preekskets:

Filippus sit sy reis en bediening voort. Hy ontmoet ’n Ethiopiër wat besig is om te lees uit die profeet Jesaja, en dan verklaar hy die woorde vir hom in die Lig van Christus.

Nog ’n grens word gebreek! Hierdie keer ’n fisiese (liggaamlike) grens. Een wat van te vore ’n vereiste was om deel te word van die verbondsvolk van God. Hierdie man kon nie die “ou” teken van die verbond ontvang nie, maar deur die “nuwe” word hy ingesluit.

Dit is op grond van sy geloof in Jesus Christus. Al hoe hy kon leer en hoor van Christus, was deur die verkondiging van die evangelie…. en Filippus doen dit vanuit die Ou Testament, vanuit Jesaja 52 en 53 – “Die lydende dienskneg”, wys hy na Christus.

Video Opname:

September 22, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.