Die evangelie van Jesus Christus verander lewens.

Preekskets:

Filippus sit sy reis en bediening voort. Hy ontmoet ’n Ethiopiër wat besig is om te lees uit die profeet Jesaja, en dan verklaar hy die woorde vir hom in die Lig van Christus.

Nog ’n grens word gebreek! Hierdie keer ’n fisiese (liggaamlike) grens. Een wat van te vore ’n vereiste was om deel te word van die verbondsvolk van God. Hierdie man kon nie die “ou” teken van die verbond ontvang nie, maar deur die “nuwe” word hy ingesluit.

Dit is op grond van sy geloof in Jesus Christus. Al hoe hy kon leer en hoor van Christus, was deur die verkondiging van die evangelie…. en Filippus doen dit vanuit die Ou Testament, vanuit Jesaja 52 en 53 – “Die lydende dienskneg”, wys hy na Christus.

Video Opname:

September 22, 2024

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?