Daar is baie planne in ‘n mens se hart, maar die raad van die Here – dít kom tot stand.

Preekskets:

Daar is baie planne in ‘n mens se hart, maar die raad van die Here – dít kom tot stand. (Spreuke 19: 21)

Vroeër in die jaar het ons weggespring met ’n preekreeks uit Handelinge.

Ons het gesien hoe die Here kragtig deur sy Gees werk om die eerste gemeente daar in Jerusalem te vestig, en hoe daardie gemeente geseën was met groei in getalle, ywer en geloof. “Hulle het bly volhard in die leer van die apostels, die verbondenheid met mekaar, die breek van die brood, en gebede. – Hand.2:42”

Intussen het ons stilgestaan en gefokus op die belangrike plek van gebed in die lewe van elke gelowige en in die kerk van die Here. Deur gebed asem ons uit wat ons deur die Woord ingeasem het.

Vanmôre gaan ons voort met Handelinge, en nou begin ons algaande meer sien hoe vervolging in die kerk van die Here toeneem. Vervolging is wel nie ’n teken van “misdrywe” nie. In teëspoed en in voorspoed bly die maatstaf dieselfde. Ons toets ons “handelinge / goeie werke” aan die wil van die Here. Dra ons “goeie vrugte”? Dra ons enigsins vrugte?

Handelinge 5 verse 38 en 39 sê: “as iets die planne van mense is, sal dit tot niet gaan, maar as dit van God af kom, sal niks dit kan keer nie. Ons moet net oplet dat ons nie dalk besig is om met God te veg nie.”

Video Opname:

Augustus 11, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.