Geloof in Christus dra goeie vrugte deur liefde.

Preekskets:

Verlede Sondag het ons geleer hoe geloof in Christus, deur liefde, oorgaan in dade. Ons geloof dra “vrug”. Inteendeel, dit is onmoontlik dat ’n ware gelowige nie “vrug” sal dra nie.

Hierdie “vrug” of “goeie werke” het niks met verdienste te doen nie, maar net soos ’n vrug wat aan ’n boom groei, is dit ’n uitvloeisel van die boom self. Goeie bome dra goeie vrugte… Alle bome se vrugte is wel nie eenders nie. So is alle gelowiges se gawes ook nie dieselfde nie.

So hoe kom hierdie “vrugte” van geloof dan prakties uit in ons lewens?

Paulus sê: “Al het jy al die geloof om berge te versit, maar jy het nie liefde nie, baat dit jou niks…”

Liefde is die sleutel. Liefde is die skakel tussen my geloof en my dade… Liefde is die middel waardeur my gawes tot eer van die Here gebruik word.

Paulus onderskei dit dan so:

Daar is gawes van die Geesmaar daar is ook ’n vrug van die Gees

1 Korintiërs 12, 13 en 14 behoort as ’n eenheid saam gelees te word om hierdie samehang mooi raak te sien. Ons leer vandag uit 1 Korintiërs 13, hoe die liefde die skakel tussen die gawes en die geloof is.

Video Opname:

Julie 28, 2024

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?