Geloof in Christus dra goeie vrugte deur liefde.

Preekskets:

Verlede Sondag het ons geleer hoe geloof in Christus, deur liefde, oorgaan in dade. Ons geloof dra “vrug”. Inteendeel, dit is onmoontlik dat ’n ware gelowige nie “vrug” sal dra nie.

Hierdie “vrug” of “goeie werke” het niks met verdienste te doen nie, maar net soos ’n vrug wat aan ’n boom groei, is dit ’n uitvloeisel van die boom self. Goeie bome dra goeie vrugte… Alle bome se vrugte is wel nie eenders nie. So is alle gelowiges se gawes ook nie dieselfde nie.

So hoe kom hierdie “vrugte” van geloof dan prakties uit in ons lewens?

Paulus sê: “Al het jy al die geloof om berge te versit, maar jy het nie liefde nie, baat dit jou niks…”

Liefde is die sleutel. Liefde is die skakel tussen my geloof en my dade… Liefde is die middel waardeur my gawes tot eer van die Here gebruik word.

Paulus onderskei dit dan so:

Daar is gawes van die Geesmaar daar is ook ’n vrug van die Gees

1 Korintiërs 12, 13 en 14 behoort as ’n eenheid saam gelees te word om hierdie samehang mooi raak te sien. Ons leer vandag uit 1 Korintiërs 13, hoe die liefde die skakel tussen die gawes en die geloof is.

Video Opname:

Julie 28, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.