Geloof in Jesus Christus is jou enigste weg tot verlossing.

Preekskets:

Handelinge 16 is gelaai met interessante gebeure.

Eers Timoteus se besnydenis, dan die Heilige Gees wat Paulus-hulle verhinder om in Asië te gaan verkondig.

Vandag lees ons van ’n waarsêer-gees in ’n slavin wat uitroep dat Paulus-hulle die weg tot verlossing verkondig. Dit klink op sigself nie verkeerd nie, maar wat vreemd voel, is dat Paulus die gees gebied om uit die vrou te gaan. Dis tog nie asof die gees ’n vreemde leer gebring het nie….

Tog lei dit tot Paulus en Silas se in hegtenis name, en die uiteindelike bekering van die tronkbewaarder. God werk inderdaad op besondere maniere.

Hierdie Skrifgedeelte gee ons egter die kern en mees basiese beginsel rondom verkondiging van die evangelie. “Geloof in Jesus Christus is jou enigste weg tot verlossing.”

Video Opname:

April 6, 2025

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?