Geloof in Jesus Christus is jou enigste weg tot verlossing.

Preekskets:

Handelinge 16 is gelaai met interessante gebeure.

Eers Timoteus se besnydenis, dan die Heilige Gees wat Paulus-hulle verhinder om in Asië te gaan verkondig.

Vandag lees ons van ’n waarsêer-gees in ’n slavin wat uitroep dat Paulus-hulle die weg tot verlossing verkondig. Dit klink op sigself nie verkeerd nie, maar wat vreemd voel, is dat Paulus die gees gebied om uit die vrou te gaan. Dis tog nie asof die gees ’n vreemde leer gebring het nie….

Tog lei dit tot Paulus en Silas se in hegtenis name, en die uiteindelike bekering van die tronkbewaarder. God werk inderdaad op besondere maniere.

Hierdie Skrifgedeelte gee ons egter die kern en mees basiese beginsel rondom verkondiging van die evangelie. “Geloof in Jesus Christus is jou enigste weg tot verlossing.”

Video Opname:

April 6, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.