Geloof in Christus gaan deur liefde oor in dade.

Preekskets:

Wat is goeie werke of dade? Is daar so iets?

Kan mens in die Here glo en nie goeie werke doen nie? Of andersom… Kan iemand wat nie in die Here glo nie, goeie dade doen? Het goeie werke ooit ’n doel?

Paulus sê dat mens uit genade deur geloof gered word (sonder werke). Jakobus sê weer, “wys my jou geloof sonder dade, en ek sal jou uit my dade my geloof wys…” – Hoe kom die twee dan bymekaar uit… Geloof teenoor Werke?

Ek kan nie deur my dade gered word nie, en tog is daar baie klem daarop dat dade nie van my geloofslewe mag ontbreek nie. So lê dit dan ’n nuwe verpligting op my om tog iets te doen?

Die Here Jesus leer ons dat dade of werke nie ons geloof en redding vooruitgaan nie. Dit is eerder ’n uitvloeisel daarvan. ’n Boom kan nie vrug dra nog voor die boom self wortelgeskiet het nie. Net so kan ’n tak nie nuwe vrugte voortbring as dit nie op die boom ingeplant bly nie. Geloof en werke staan nie teenoor mekaar nie, maar ondersteun mekaar inderwaarheid.

Video Opname:

Julie 21, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.