Geloof in Christus gaan deur liefde oor in dade.

Preekskets:

Wat is goeie werke of dade? Is daar so iets?

Kan mens in die Here glo en nie goeie werke doen nie? Of andersom… Kan iemand wat nie in die Here glo nie, goeie dade doen? Het goeie werke ooit ’n doel?

Paulus sê dat mens uit genade deur geloof gered word (sonder werke). Jakobus sê weer, “wys my jou geloof sonder dade, en ek sal jou uit my dade my geloof wys…” – Hoe kom die twee dan bymekaar uit… Geloof teenoor Werke?

Ek kan nie deur my dade gered word nie, en tog is daar baie klem daarop dat dade nie van my geloofslewe mag ontbreek nie. So lê dit dan ’n nuwe verpligting op my om tog iets te doen?

Die Here Jesus leer ons dat dade of werke nie ons geloof en redding vooruitgaan nie. Dit is eerder ’n uitvloeisel daarvan. ’n Boom kan nie vrug dra nog voor die boom self wortelgeskiet het nie. Net so kan ’n tak nie nuwe vrugte voortbring as dit nie op die boom ingeplant bly nie. Geloof en werke staan nie teenoor mekaar nie, maar ondersteun mekaar inderwaarheid.

Video Opname:

Julie 21, 2024

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….