Gee altyd aan die Here die eer, want ’n soeke na eie eer kan jou van binne verteer.

Preekskets:

In die vorige Skrifgedeelte het ons gesien hoe die Here die gawes wat Hy gee gebruik in sy kerk. Barnabas en Saulus het uiteindelik na Jerusalem teruggekeer met die bydraes wat die gelowiges uit Antiogië gestuur het. (Gawes uit God se Hand.)

Maar in hierdie Skrifgedeelte leer ons hoe die Here die eer gegee moet word in alles wat Hy doen. Vir die gawes wat Hy gee, sowel as sy redding en die posisies van gesag waarin Hy mens dalk plaas.

In alles moet die Here erken, geken en geëer word. Niks kom uit onsself nie. Om vir jou self eer te soek of te versamel sal jou uiteindelik van binne-af opvreet.

Gee aan God al die eer.

Soli Deo Gloria!

Video Opname:

November 17, 2024

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?