Gee altyd aan die Here die eer, want ’n soeke na eie eer kan jou van binne verteer.

Preekskets:

In die vorige Skrifgedeelte het ons gesien hoe die Here die gawes wat Hy gee gebruik in sy kerk. Barnabas en Saulus het uiteindelik na Jerusalem teruggekeer met die bydraes wat die gelowiges uit Antiogië gestuur het. (Gawes uit God se Hand.)

Maar in hierdie Skrifgedeelte leer ons hoe die Here die eer gegee moet word in alles wat Hy doen. Vir die gawes wat Hy gee, sowel as sy redding en die posisies van gesag waarin Hy mens dalk plaas.

In alles moet die Here erken, geken en geëer word. Niks kom uit onsself nie. Om vir jou self eer te soek of te versamel sal jou uiteindelik van binne-af opvreet.

Gee aan God al die eer.

Soli Deo Gloria!

Video Opname:

November 17, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.