DIE TROUE VERBONDSGOD BESKIK OOR ONS FAMILIES – WONDERBAARLIK!

Preekskets:

‘n Blote lys van name en dit vir ‘n preek. Ag nee, werklik? Wat vir ‘n boodskap kan dit inhou vir ons tyd?

Dan kom die verrassing, die ongelooflike moment wanneer ons insien hoe die name soos ‘n legkaart inpas in God se verlossingsplan vir die wêreld in sonde.

Die sware kruis vir vroue was onvrugbaarheid, kinderloosheid. Vir mans was dit die leemte aan ‘n eersgeborene, ‘n seun aan wie die erfdeel van die geslag oorgedra kon word.. Sonder ‘n seun kon sy nageslag nie voortgaan nie. Dit was die situasie met Sesan – hy het geen seuns gehad nie, net dogters.

Ons word dan getref deur die wysheid en insig van ‘n doodgewone pa vir wie sy gesin en erfdeel ‘n Godgegewe werklikheid was.

Hiermee saam merk ons op hoe God in sy vrymag die buitengewone doen deur soos met Rut, die Moabitiese, vir Jarga, die Egiptiese slaaf ‘n plek te gee onder die trotse geslagte van Israel. Alles werk ten goede mee, ook vir ons!

Dit is aan hierdie vrymag van God waaraan ons opnuut herinner word. Hy trek nie alleen vreemdelinge in sy kerk in nie, maar skryf hulle name in, in die boek van die lewe.

Video Opname:

Augustus 7, 2022

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.