God roep ons deur die oneerlike bestuurder tot verantwoordelikheid.

Preekskets:

Die hoofsaak van die gelykenis kry ons in die optrede van die oneerlike bestuurder wat in sy optrede terugkeer na die wet van Moses. Dit lei tot die lof van die eienaar vir die bestuurder se verstandige optrede (of optrede met wysheid).

En ons? Is ons nie juis bestuurders van God se eiendom (die skepping) nie? Waar pas ons in? Is ons eerlik?

Jesus Christus laat ons sien wat God se wil is. Ons is God se bestuurders! Luister maar net in Psalm 8 wat het die HERE alles aan ons toevertrou. Dien God met blydskap daarmee.

Video Opname:

Julie 9, 2023

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….