God roep ons deur die oneerlike bestuurder tot verantwoordelikheid.

Preekskets:

Die hoofsaak van die gelykenis kry ons in die optrede van die oneerlike bestuurder wat in sy optrede terugkeer na die wet van Moses. Dit lei tot die lof van die eienaar vir die bestuurder se verstandige optrede (of optrede met wysheid).

En ons? Is ons nie juis bestuurders van God se eiendom (die skepping) nie? Waar pas ons in? Is ons eerlik?

Jesus Christus laat ons sien wat God se wil is. Ons is God se bestuurders! Luister maar net in Psalm 8 wat het die HERE alles aan ons toevertrou. Dien God met blydskap daarmee.

Video Opname:

Julie 9, 2023

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.