Skrifgedeelte:
Romeine 1: 1 – 17 (2020)
Fokusverse: Romeine 1: 16
Kategismus: Sondag 1: V&A 1 en 2
Liturgie:
Ontmoetingsdiens
Intreelied: Lied 292: 1; Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 150-1: 1, 2 en 3;
Geloofsbelydenis;
Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Eksodus 20: 1 – 17 (2020); Verootmoedigingslied: Lied 241: 1, 2 en 3;
Woorddiens
Gebed;Skriflesing; Prediking;
Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: Psalm 146-2: 1, 2, 3 en 6 (Cloete); Uitstuurseën. (Amen – SB 13-2)
Preekskets:
Verlede Sondag het ons in Psalm 119 gehoor hoe die Woord van God vir ons ’n lamp vir ons voet is. D.w.s. ek moet die Woord van God daagliks “in die hand” hê, sodat Hy daardeur ’n lig vir my lewenspad kan wees. Die beste manier vir ons as gemeente om dit prakties te doen, is om saam hierdie pad te begin stap in sy Woord.
Vir daardie rede begin ons vandag met ’n preekreeks uit Romeine.
In hierdie eerste preek word ons herinner aan die kern van die Christelike geloof: die evangelie van God. Die apostel Paulus stel homself voor as ’n dienskneg van Christus – ’n man wat nie meer aan homself behoort nie, maar geheel en al aan sy Here. Hierdie waarheid sluit direk aan by die Heidelbergse Kategismus Sondag 1: Ons enigste troos in lewe en in sterwe is dat ons nie aan onsself behoort nie, maar aan Jesus Christus.
Die evangelie waarvan Paulus praat, is nie ’n menslike uitvindsel of goeie raad vir ’n beter lewe nie. Dit is die goeie nuus aangaande Jesus Christus – ware God en ware mens – wat deur sy lewe, sterwe, opstanding en hemelvaart vir ons verlossing en nuwe lewe gee. Hierdie evangelie is die krag van God tot redding en troos vir elkeen wat glo.
Kom ons stap as gemeente hierdie pad saam, sodat die Here deur sy Woord en Gees vir ons ’n lamp vir ons voet en ’n lig vir ons lewenspad kan wees.
