Die lig van God se woord hou my voete op die regte pad.

Skrifgedeelte:

Psalm 119: 105 – 112 (2020)
Fokusverse: Psalm 119:  105 en 111

Liturgie:

Ontmoetingsdiens
Intreelied: Lied 184: 1 en 4; Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 89-1: 1, 3 en 6; Geloofsbelydenis;

Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Eksodus 20: 1 – 17 (2020); Verootmoedigingslied: Psalm 119-1: 26 en 29 (Eerste melodie);

Woorddiens
Gebed;Skriflesing; Prediking;

Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: Psalm 119-1: 39, 40, en 41 (Tweede melodie); Uitstuurseën.

Preekskets:

Ons staan dikwels in hierdie woeste wêreld gekonfronteer met die vraag: “Watter kant toe nou?” Of dit ’n belangrike besluit is wat jy moet neem, of ’n situasie waarin jy gedompel is waaroor jy geen beheer gehad het nie… niemand van ons het ooit al die antwoorde nie.

Soms is die situasie so eenvoudig soos ’n keuse wat gemaak moet word in ’n gesprek. Ander kere weer kan die keuse ’n impak hê op die res van jou lewe.

Hoe gemaak om te weet watter kant toe as die paaie voor my en die wêreld rondom my so duister voel?

Psalm 119 vers 105 lei in die 2020 vertaling: “U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my lewenspad.”

Die Psalmdigter gebruik ’n dubbele uitdrukking om ’n kern beginsel uit te lig. Of dit gaan oor die onmiddellike situasie (lamp vir my voet) of oor die res van my lewe (lig vir my lewenspad) – dit is die woord van God wat my tree bepaal. Dit is Sy lig wat my pad verhelder.

Die lig van God se woord hou my voete op die regte pad…

Video Opname:

April 12, 2026

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.