CHRISTUS IS DIE GEHEIM VAN ONS LEWE.

Preekskets:

Baie mense worstel diep in hulle harte met die vraag waarom daar soveel swaarkry en seerkry en smarte in hierdie lewe is. Sommige mense se lewens word gekenmerk deur alles wat net sleg en moeilik en aaklig is. Dit is asof hulle hele lewe een groot smart is. In die laaste twee jaar het ons ook gesien hoe mense bitterlik swaar en seer gekry het. Sommige mense het hulle werk verloor, hulle huise, hulle families of vriende. Ons het gehoor dat ander nie eers hulle man of vrou by die sterfbed kon groet, of die begrafnis kon bywoon nie.

Vir so baie mense kom die vraag dan op: Wat is die antwoord op hierdie hartseer lewe? Watter hoop is daar vir die mens? Watter geheim is daar in hierdie lewe om tog in al hierdie hartseer en droefheid ook geluk en vreugde te ervaar?

Watter hoop het jy in hierdie lewe? Wat troos jou? Wat is jou lewensgeheim?

Video Opname:

Mei 8, 2022

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.