CHRISTUS IS DIE GEHEIM VAN ONS LEWE.

Preekskets:

Baie mense worstel diep in hulle harte met die vraag waarom daar soveel swaarkry en seerkry en smarte in hierdie lewe is. Sommige mense se lewens word gekenmerk deur alles wat net sleg en moeilik en aaklig is. Dit is asof hulle hele lewe een groot smart is. In die laaste twee jaar het ons ook gesien hoe mense bitterlik swaar en seer gekry het. Sommige mense het hulle werk verloor, hulle huise, hulle families of vriende. Ons het gehoor dat ander nie eers hulle man of vrou by die sterfbed kon groet, of die begrafnis kon bywoon nie.

Vir so baie mense kom die vraag dan op: Wat is die antwoord op hierdie hartseer lewe? Watter hoop is daar vir die mens? Watter geheim is daar in hierdie lewe om tog in al hierdie hartseer en droefheid ook geluk en vreugde te ervaar?

Watter hoop het jy in hierdie lewe? Wat troos jou? Wat is jou lewensgeheim?

Video Opname:

Mei 8, 2022

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?