Ons lees van twee dissipels wat op pad na die dorp Emmaus ’n ontmoeting met die opgestane Jesus gehad het, en vanweë hulle twyfel Hom nie dadelik herken het nie.
Nagmaal
VIER FEES, WANT JY WAS DOOD, MAAR HET WEER LEWENDIG GEWORD. JY WAS VERLORE, MAAR IN CHRISTUS GEVIND!
Sy verlorenes moet terugkeer na Hom toe. Hulle moet “gevind” word. M.a.w. hulle moet tot bekering kom. Vandag sien ons hoeveel blydskap daar by God is wanneer sy kinders terugkeer na Hom toe.
JESUS IS DIE DEUR TOT DIE EWIGE LEWE EN DIE GOEIE HERDER WAT ONS DAARHEEN LEI.
Vandag fokus ons op Jesus wat sê: “EK IS die deur vir die skape” en “EK IS die goeie herder.” Hierdie keer doen Jesus nie ’n wonderwerk om sy openbaring uit te beeld nie, maar verduidelik dit deur middel van ’n gelykenis.
JESUS HET VIR ONS VOLKOME VERSOENING GEDOEN IN ONS LEWENS.
Ons vier vandag die Heilige Nagmaal van die Here. Die Nagmaal dien as ʼn herinnering en verkondiging van Jesus Christus se daad van versoening…