Nuwe Testament in 12 Studies

10. Jakobus en Judas

Jakobus en Judas was waarskynlik half-broers van Jesus. Daar is klomp parallelle tussen die boek Jakobus en die Bergrede in die boek Matteus. Die boek Judas waarsku ook teen dwaalleer soortgelyk aan 2 Petrus.

9. Petrus

Petrus het ‘n belangrike rol gespeel as verkondiger van die Evangelie. Petrus word die rots (Petra) genoem waarop die Kerk gebou moet word (Matt. 16). Petrus word dus verbind aand die vraagstuk van die primaat (oppergesag) van die pous en sy bevoegdheid oor die hele Rooms Katolieke Kerk.

8. Hebreërs

Primêre boodskap: Om gelowiges, wat dreig om afvallig te word vanweë vervolging, te wys op God se finale openbaring in sy Seun, sodat hulle sal volhard in die geloof.

7. Die Briewe van Paulus (iii) – Titus

Vandag kyk ons na die Pastorale briewe van Paulus. Hulle is: 1 en 2 Timoteus en Titus. Alhoewel ons hulle as pastorale briewe klassifiseer, is hulle ook briewe wat in gevangeskap geskryf was. Dit is die aanslag en doel van hierdie drie briewe wat hulle uitsonder.

6. Die Briewe van Paulus (ii) – Efesiërs

Die rede hoekom ons uit al die baie briewe van Paulus spesifiek by Efesiërs stilstaan vandag, is omdat die brief soveel ooreenstemming het met van sy ander briewe soos Galasiërs en Kolossense.

5. Die Briewe van Paulus (i) – Inleiding / Romeine / Filemon

21 van die 27 Nuwe Testament boeke word tradisioneel as briewe beskou. Dit is net meer as driekwart van die Nuwe Testament. Wat dit interessant maak, is dat nie een van die Ou Testament se 39 boeke in geheel as ’n brief getipeer word nie.

4. Die Handelinge van die Apostels

Die Griekse naam vir Handelinge is: ΠΡΑΞΕΙΣ ΑΠΟΣΤΟΛΩΝ (Prakseis Apostoloon)
Dit beteken presies wat ons dit as ken: Die Handelinge van die Apostels.

3. Die Evangelie volgens Johannes

In die Griekse manuskripte waaruit ons werk is hierdie evangelie se naam: ΚΑΤΑ ΙΩΑΝΝΗΝ
Dit beteken: Volgens Johannes.

2. Die Sinoptiese Evangelies: Matteus – Markus – Lukas

Wat is ʼn Sinoptiese Evangelie? Die benaming kom van die woord “sinopsis” af wat beteken dit is ʼn kort, beknopte samevatting of oorsig (“’n kykie na”), in hierdie geval van die lewe en werke van Jesus Christus.

1. Ou- tot Nuwe Testament oorsig

Voordat ons wegspring met die Nuwe Testament, is dit eers vir ons nodig om onsself weer te oriënteer oor waar ons vandaan kom. Hoekom praat ons van ʼn “Nuwe” Testament? Wat maak die Ou Testament “Oud” en die Nuwe Testament “Nuut”?