VERVOLGING, LYDING – WAT IS DIE SIN?

Skrifgedeelte:

Psalm 56:1-14
Fokusverse: Psalm 56:9:
“U het self my lotgevalle opgeteken. Hou tog my trane in u leersak. Staan dit nie in u boekrol nie” (2020).
“My ellende het nie ongemerk by U verbygegaan nie, U het op my trane gelet. In u boek staan dit opgeteken” (1983).
“U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie? (1953).

Liturgie:

Ontmoetingsdiens
Votum en seëngroet; Lofsang: Psalm 18-1:1,2,14 (Tweede melodie); Belydenis: Twaalf Artikels;

Verootmoedig en versoeningsdiens
Afkondiging van die wet – Eksodus 20:1-17; Antwoord van gemeente: Psalm 95-1:4.5

Woorddiens
Gebed; Psalm 102-1:1,4,5; Skriflesing; Prediking;

Antwoorddiens
Gebed; Opneem van gawes vir die liefdesdiens van die Diakonie; Slotsang: Psalm 138-1:1,2,3,4; Seën: Openbaring 1:4,5;

Preekskets:

Vervolging en lyding toets jou geloof, veral omdat ek as mens dikwels nie enige sin kan uitmaak nie. Hieruit word die “waarom” en “hoekom” vrae gebore. Die agtergrond van die psalm kry ons in 1 Samuel 27:10. Daarin word vertel van Dawid as gevangene in Gat van die Filistyne. Dit was ‘n uitdagende tyd in sy lewe. Die toekoms was eintlik so winkend. Hy het Goliat verslaan en almal het kennis geneem van sy vertroue in God.

Tog kan hy sy trane nie bedwing nie, maar hy weet ook dat niks van hierdie gebeure ongesiens by die HERE verbygegaan het nie. Daarom het alles sin en betekenis. Dit is in die boek van die HERE opgeteken. Die HERE sien en ken sy trane. Trane is die merk van magteloosheid, ‘n behoefte aan beskerming. Vir die gelowige ‘n belydenis, dat ek nie sonder God kan nie. Soos ons dikwels nie kan verstaan nie, kyk ons na God se pad met sy Seun en ons verstaan ook nie. Op daardie pad kon Jesus ons wel toeroep: “Kom na My toe”! By Hom kom die rus. Uit sy mond hoor ons: “En God sal al die trane van hulle oë afvee en daar sal …”

In Hom is selfs die onbegryplikste lyding sinvol. En ons weet in alles is Hy saam met ons.

Video Opname:

Junie 7, 2026

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.