Staan vas en volhard in jou geloof! Luister na God as Hy praat, want Hy is inderdaad ‘n verterende vuur.

Preekskets:

Verlede Sondag het ons uit Hebreërs 9 en 10 geleer hoe die Here ons dringend aanmoedig om standvastig in ons geloof te volhard. Om nie slap te lê of te begin terugsak nie.

Vandag leer ons uit Hebreërs 11 en 12 hoe so ‘n standvastige geloof lyk. Die Here gee hierdie opdrag nie sonder rede of waarskuwing nie. Hy is inderdaad ‘n verterende vuur en duld nie halfhartigheid nie. Maar Hy is ook ‘n genadige en barmhartige God, en gee nie hierdie opdragte aan ons sonder om ons ook die vermoë te gee om dit te kan nakom nie.

Video Opname:

Oktober 23, 2022

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?