Jesus Christus is die Son van God se nuwe ewige dag vir ons.

Preekskets:

As ons tog maar net kon verstaan, as ons maar net dieper insig gehad het…

Wat die HERE hier vir ons bekend maak, laat ons eenvoudig snak na ons asem en dink – hoe is dit moontlik dat die mense nie kon verstaan nie?

Hier word gepraat van ‘n dag wat gaan kom:
• Vir verwaande mense ‘n oordeelsdag
• Vir diè wat ontsag het vir sy Naam, ‘n dag van uitbundige vreugde.
Dit sal die dag wees wanneer die Here as son van geregtigheid in die môrestond sal deurbreek om die duisternis te verdryf.

Dit het gebeur. Die profesie is vervul met Jesus Christus se opstanding uit die dood. Vroeg in die môre het die vroue Hom gaan soek by die graf met die doel om sy liggaam, die lyk met speserye te behandel. Maar hulle was te laat!

Jesus Christus was nie daar nie! Niemand is daar nie, net die engel met ‘n lang wit stola. Wat die engel sê is eintlik ‘n preek waardeur hy die mense herinner aan al God se beloftes in die Ou Testament en hoe Jesus Christus in die Nuwe Testament oor die dag van sy opstanding gepraat het.

En toe dit gebeur, was daar niemand om hierdie onbeskryflike gebeurtenis te sien nie!

Ken ons Hom so innig dat ons daar sal wees met die skouspel wanneer sy beloftes vir die toekoms in vervulling gaan? Dit sal wees wanneer Hy terug kom in sy heerlikheid om ons met die nuwe dag van die ewige lewe uit die grafte op te wek.

Video Opname:

Maart 26, 2023

n

Ander Preke:

Die Here is jou beskermer, van nou af en vir altyd.

Die Here is jou beskermer, van nou af en vir altyd.

Hierdie Psalm se eerste twee verse is vir ons baie bekend. Dit is ’n belydenis… die “Votum” wat ons so te sê elke Sondag aan die begin van die erediens hoor. Dit begin met ’n vraag wat so half in benoudheid gevra word, maar dan in vertroue self geantwoord word. Ja, my hulp is van die Here!