In Christus bestaan ons tot lof van die heerlikheid van God.

Preekskets:

Paulus se openingswoorde in hierdie omsendbrief aan die gemeente en Efese begin met lof aan God.

3Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus!

Nog drie keer herhaal hy in hierdie eerste paar verse die woorde: “tot lof van sy heerlikheid…

As ons as gemeente werklik wil weet wat ons “mandaat” as gemeente van Christus is, staan die woorde “tot lof van sy heerlikheid!” sekerlik kop en skouers uit. Maar dis nie ’n opdrag sonder gronde nie. Die Here sê ook by monde van Paulus vir ons hoekom…

…want “Dit is Hy wat ons in Christus geseën het met elke geestelike seëning in die hemel.” En dan verduidelik Paulus verder in hierdie lofprysing wat hierdie seëninge alles behels…

Video Opname:

April 9, 2023

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….