GOD REGEER EN SY SKEPSELE STAAN VERWONDERD VOOR SY TROON

Preekskets:

Die tye wat ons ingegaan het, is menslik gesproke nie van die maklikste nie. Die huidige politiese spanning en die maatskaplike uitdagings bring selfs die gelowige se brose geloof aan die lig.

Die broosheid van ons geloof blyk ondermeer uit die briewe van die Here Jesus Christus aan die sewe gemeentes (hoofstukke 2,3). Die aankondiging kom egter: “Na hierdie dinge….”

Ons word meteens verplaas na die hier en nou – die teenwoordige tyd In die tyd word Johannes en ons saam met ingenooi om te kyk wat in die hemelse troonkamer aan die orde is:
• ‘n geopende deur na die hemel
• Die groot stem roep en hy kan nie anders nie as om te gehoorsaam nie.
• Vol van die Gees bevind hy hom in die hemelse troonkamer.

Hy sien ‘n troon en Iemand daarop – dit is God. Dit is die verstommende openbaring van God se heiligheid, almag en ewigheid.
• Hy en Hy alleen is Skepper
• Alle mag is in sy hande en kom van Hom.
• Hy moet aanbid word.

Die gevolgtrekking:
Hierdie gesig is wat Johannes en ons saam met hom sien. Wat sien ons – vandag soos gister en in die toekoms?
• Daar is IEMAND op die troon en dit is God!
• “Is” is die kragtige altyd geldende beklemtoning van God as Koning wat regeer en bestier.

Die gelowige ondervind sy krag in die geloof omdat hy weet dat God regeer. Hierdie regering deur God beteken vir ons dat ons ook regeer, want ons is deel van God se koninklike koninkryk. Trouens God se Koningskap word uit die koninklike optrede van die gelowige duidelik.
Amen.

Video Opname:

April 2, 2023

n

Ander Preke:

ONTHOU JESUS CHRISTUS. GESTERF…BEGRAWE…OPGEWEK…VIR JOU!

ONTHOU JESUS CHRISTUS. GESTERF…BEGRAWE…OPGEWEK…VIR JOU!

Paulus se instellingswoorde vir die Nagmaal, is nie sy eie woorde nie, maar woorde wat Jesus aan hom en die ander apostels gegee het, met een eenvoudige opdrag: “Doen dit om My in herinnering te bring.” (…tot My gedagtenis…)