GOD REGEER EN SY SKEPSELE STAAN VERWONDERD VOOR SY TROON

Preekskets:

Die tye wat ons ingegaan het, is menslik gesproke nie van die maklikste nie. Die huidige politiese spanning en die maatskaplike uitdagings bring selfs die gelowige se brose geloof aan die lig.

Die broosheid van ons geloof blyk ondermeer uit die briewe van die Here Jesus Christus aan die sewe gemeentes (hoofstukke 2,3). Die aankondiging kom egter: “Na hierdie dinge….”

Ons word meteens verplaas na die hier en nou – die teenwoordige tyd In die tyd word Johannes en ons saam met ingenooi om te kyk wat in die hemelse troonkamer aan die orde is:
• ‘n geopende deur na die hemel
• Die groot stem roep en hy kan nie anders nie as om te gehoorsaam nie.
• Vol van die Gees bevind hy hom in die hemelse troonkamer.

Hy sien ‘n troon en Iemand daarop – dit is God. Dit is die verstommende openbaring van God se heiligheid, almag en ewigheid.
• Hy en Hy alleen is Skepper
• Alle mag is in sy hande en kom van Hom.
• Hy moet aanbid word.

Die gevolgtrekking:
Hierdie gesig is wat Johannes en ons saam met hom sien. Wat sien ons – vandag soos gister en in die toekoms?
• Daar is IEMAND op die troon en dit is God!
• “Is” is die kragtige altyd geldende beklemtoning van God as Koning wat regeer en bestier.

Die gelowige ondervind sy krag in die geloof omdat hy weet dat God regeer. Hierdie regering deur God beteken vir ons dat ons ook regeer, want ons is deel van God se koninklike koninkryk. Trouens God se Koningskap word uit die koninklike optrede van die gelowige duidelik.
Amen.

Video Opname:

April 2, 2023

n

Ander Preke:

Christus: Die Geestelike Water uit die Rots, vir ’n dors volk.

Christus: Die Geestelike Water uit die Rots, vir ’n dors volk.

In Eksodus 17 bring die Here sy volk volgens sy eie bevel na ’n plek sonder water. Refidim is nie ’n ongeluk nie, maar ’n goddelike ontmoeting. Israel se dors wys die toestand van hulle hart — hulle verwyt Moses en vra: “Is die HERE in ons midde of nie?” (v.7). Hierdie vraag is nie net onsekerheid nie, maar is die diepste wortel van ongeloof. Dit is om God se karakter, trou en nabyheid te bevraagteken.

Christus: Die Hemelse Brood vir ’n honger volk.

Christus: Die Hemelse Brood vir ’n honger volk.

In Eksodus 16 bring God sy volk die woestyn in – nie om hulle te straf nie, maar om hulle te leer. Die volk kla omdat hulle honger is, en dan antwoord die Here met genade: “Kyk, Ek gaan vir julle brood uit die hemel laat reën…” (v.4) So openbaar Hy Homself as die God wat voorsien, selfs wanneer sy volk mor.

Deur die water van oordeel tot lewe in Christus.

Deur die water van oordeel tot lewe in Christus.

Israel staan vasgekeer tussen die Farao se leër en die Rooi See — vasgevang tussen doodsvrees en waters van verlossing. Verblind deur vrees en twyfel kla hulle teenoor Moses en die Here, maar die Here antwoord hulle deur sy dienaar: “Moenie bang wees nie! Staan stil en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle gaan bewerk.” (v.13)