DIT IS VOLBRING!

Preekskets:

Die gebeure van “Goeie Vrydag” kan in die oë van mense hoegenaamd nie “goed” wees nie. Dit was wreed, onregverdig en ondenkbaar. Eintlik barbaars. Tog, onvermydelik bestem om so te wees.

Ons praat nie van “Goeie Vrydag” omdat die dade van mense enigsins iets daarmee te doen het nie, maar juis omdat die uiteinde van God se dade dit goed maak. Drie keer lees ons in hierdie Skrifgedeelte die woorde: “sodat die Skrif
vervul sou word
.
” Dit kan alles saamgevat word in Jesus se woorde: “Dit is volbring!” Daarna het Hy sy kop vooroor gebuig en sy gees oorgegee.

Dit is nie die woorde van ’n verslane mens wat op die punt is om te sterf nie, maar die woorde van ’n Oorwinnaar wat sy oorwinning uitroep. Dit wat in die Ou Testament oor Hom geprofeteer was, was in daardie oomblikke verwerklik. Nie meer net ’n toekomsverwagting nie, maar nou, realiteit. “Dit is volbring!

Video Opname:

April 7, 2023

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?